Die Trust beoog om bestaande individue/vennootskappe en nuwe vennootskappe/individue te ondersteun. Dit beteken dat vennootskappe deur verskeie kerke, NPO’s, individue en besighede befonds kan word. By die oorweging van geskikte vennootskappe/individue, geld sekere vereistes om o.a te verseker dat dit goed bestuur en implementeer word.
Moontlike vennootskappe sluit onder andere die volgende in:
Gemeenskapsbediening soos bv.
- 1
Sopkombuise
- 2
Zithulele
- 3
Hulp aan haweloses (MES Centre of Hope)
- 4
ID-Help Fisantekraal
- 5
Kinderhuise
- 6
Missionale ondersteuning
- 7
Gemeenskapsprojekte van ander kerke
- 8
Jeugberading
- 9
Mediese hulp aan behoeftiges
Die Trust kan ‘n Artikel 18A sertifikaat uitreik aan individue/besighede/maatskappye wat skenkings maak, om sodoende ‘n belastingvoordeel te kan verkry.
Durbanville Gemeenskap Trust versoek vriendelik dat u dit sal oorweeg om skenkings vir die Trust te oorweeg.


