Die Trust beoog om bestaande individue/vennootskappe en nuwe vennootskappe/individue te ondersteun. Dit beteken dat vennootskappe deur verskeie kerke, NPO’s, individue en besighede befonds kan word. By die oorweging van geskikte vennootskappe/individue, geld sekere vereistes om o.a te verseker dat dit goed bestuur en implementeer word.

Moontlike vennootskappe sluit onder andere die volgende in:

Gemeenskapsbediening soos bv.

  • 1

    Sopkombuise

  • 2

    Loekie van Wyk Tegniese skool

  • 3

    Zithulele

  • 4

    Hulp aan haweloses (MES Centre of Hope)

  • 5

    ID-Help Fisantekraal

  • 6

    Kinderhuise

  • 7

    Missionale ondersteuning

  • 8

    Gemeenskapsprojekte van ander kerke

  • 9

    Jeugberading

  • 10

    Mediese hulp aan behoeftiges

Die Trust kan ‘n Artikel 18A sertifikaat uitreik aan individue/besighede/maatskappye wat skenkings maak, om sodoende ‘n belastingvoordeel te kan verkry.

Durbanville Gemeenskap Trust versoek vriendelik dat u dit sal oorweeg om skenkings vir die Trust te oorweeg.