Raak deel van seniorbediening
Die bediening van senior lidmate is vir die Gemeente ‘n hoë prioriteit. Ons moedig seniors aan om self aktief deel te neem aan onderlinge versorging. Niemand ken die behoeftes van seniors beter as seniors self nie! Raak asseblief betrokke waar jy behoeftes beleef, en wat jy van bewus word via die gemeente se kommunikasie platforms.
Doel van seniorbediening:
- Om senior lidmate in ons gemeente so te bedien dat hulle God ontmoet, versterking in hul geloof en hoop op God beleef, Hom loof en dien.
- Om seniors die vreugde van gemeenskap met medegelowiges te laat ervaar. Dit gebeur in eredienste, Woordgesprekke, besoek, gebed, saam kuier en saam tee drink, in saam lag en huil.
Kontak ons
Kobus de Jager: kobus@dgkerk.co.za / 021 975 6370
Esther Blackaller: omgee@dgkerk.co.za / 021 975 6370