Inskrywings
Whatsapp groep
Kontakpersoon: ds Wynand Breytenbach by wynand@dgkerk.co.za of 021 975 6370
FORMASIEREIS
van doop tot belydenis
DOOP
My ouers woon die doopgesprek by. Hier leer hulle wat God van my en hulle verwag.
3+ JAAR OUD: Ontwikkeling van my Godsbeeld
My reis begin by Leefkids waar ek my Godsbeeld begin ontwikkel.
7+ JAAR OUD: Reis deur die Bybel
Ek beoog om drie keer deur die Bybel te kan reis voor my volgende mylpaal.
Bekendstelling aan die Leefdiens
Ek word genooi na die Leefdag in kwartaal 3. Ek raak bekend met die mense rondom my en vorm deel van die Leefdiens.
Ontdek my roeping
Ek verdiep my verstaan van Jesus se storie en begin my rol en roeping daarin verstaan.
Ek weet dat ek ’n rol het om in hiérdie storie te speel. Ek teken my roepingsverbond en woon die Leefdag by.
Verdiep my roeping – Gasvryheid
Ek besef dat geloof dade insluit en dat ek dit in die gemeente en gemeenskap kan uitleef.
Ek begin my roeping nou beoefen deur by die Leefdiens te help met Gasvryheid.
Leef my roeping – Uitreik
Ek moet amper my vakke kies. Die kerk kan my help om te sien waar ek my roeping kan uitleef. Ek het al geleer dat ek my roeping kan uitleef, nie net vir myself nie maar ook vir die mense om my. Ek reik uit deur te help met gasvryheid in die gemeente. Ek kan aan die Zithulele uitreik deelneem.
My roeping as verbond
Ek begin ’n rol speel in die wêreld en iets beteken vir die kerk. Ek woon Straatuitreike en Gemeenskapsetes gereeld by. Ek gaan op die Leefkamp ter voorbereiding van my Belydenisjaar.
BELYDENIS: Die verstaan van my verbond
Ek neem verantwoordelikheid vir my roeping en geloof om die kerk te help bou.
Ek teken my Belydenisverbond en woon die Belydeniskamp by.
DISSIPELSKAPJAAR
Ek is in matriek en woon die Leefdiens by. Ek verbind my aan die jongvolwassene selgroep en is betrokke in my gemeenskap en kerk. Ek is ’n Leefgroep en/of Leefkamp leier.
19 – 23 JAAR
Ek leef myself uit in die gemeente en is ’n leier in ons gemeenskap. Ek vorm deel van die jongvolwassene selgroep. Saam dien ons en leer nuwe geloofsgewoontes aan.