“Jy kan gee sonder om lief te hê, maar jy kan nie lief hê sonder om te gee nie.” – Victor Hugo
Waar kan jy ‘n verskil maak?

Durbanville Kinderhuis
Wat: Daar is verskillende maniere hoe jy betrokke kan raak by die Kinderhuis. Enige iets van skenkings tot huiswerk. Durbanville Kinderhuis is al meer as 100 jaar oud en vorm ‘n kardinale deel van die lewe van die dorp. Raak deel en maak ‘n impak op ‘n jongmens se lewe.
Wanneer: Verskillende tye van week/naweek
Waar: Durbanville Kinderhuis in Durbanville
Durbanville Kinderhuis – dch@dchome.org.za / 021 975 6822
MES Sentrum van Hoop
Wat: Hier kan jy die mense kom help bedien wat op die straat woon. Daar is verskillende dinge wat gedoen kan word elke dag: Alles van klere uitsorteer tot kos maak en bedien. Raak betrokke by die bediening van die dorp se grensgevalle!
Wanneer: Weeksdae enige tyd tussen 09:00-14:00
Waar: MES Sentrum van Hoop, 37 Queen Straat, Durbanville
Operasionele aktiwiteite: Ilse Maartens Ilse@mes.org.za | 084 448 3456 en Erl Jansen cptoutreach@mes.org.za | 074 542 2457
MI Change: Carmen Dickson carmen@michange.org 084 381 6334
Omgeediens
Wat: Hierdie is waar jy tyd kan spandeer saam met bejaardes in Durbanville Gemeente. Mense wat baie keer eensaam. As jy voel jy wil bietjie gaan sit en luister na iemand of net vra hoe dit met hulle gaan, kontak ons gerus. Dit kan beteken dat jy die hoogtepunt van iemand se dag is.
Daar is ook die Fisantekraal crèches – Vroeë-kinderontwikkeling – waar jy betrokke kan raak. Die 12 crèches word ondersteun, bv hulp met opgradering van ‘n crèche, armoedeverligting en ouerleiding (gesinsbeplanning).
Ons visie: ‘n Hart vir die wêreld en omgee vir die breë gemeenskap in opdrag van Jesus aan sy kerk.
Wanneer: Verskillende tye van week/naweek
Waar: Durbanville Area
Kontak persoon: Esther Blackaller by omgee@dgkerk.co.za / 021 975 6370
Loekie van Wyk Vaardigheidskool (Fisantekraal)
Wat: Ons droom saam van ‘n pragtige skool van vaardighede in Fisantekraal. Die hoop is dat ons in die volgende paar jaar ‘n skool kan bou op ‘n erf wat ons reeds bekom het in samewerking met verskillende ander organisasies. Raak deel van volhoubare verandering.
Wanneer: Weeksdae enige tyd tussen 09:00-14:00
Waar: Fisantekraal
Kontak persoon: Jackie Pretorius jackie@dgkerk.co.za of 021 975 6370
Durbanville Gemeenskap Trust
Wat: Hierdie Trust ondersteun verskillende vennote in ons dorp asook wyd oor Suid-Afrika. Besighede en individue is welkom om spesifieke vennote se werk te borg en ‘n Artikel 18A sertifikaat te ontvang of net ‘n algemene skenking te maak.
Bankbesonderhede:
Firstrand
Rekeningnommer: 62686094766
Takkode: 210203
Verwysing: bv. Naam en Van/Waarvoor
Kontak persoon: Jackie Pretorius jackie@dgkerk.co.za of 021 975 6370